Adri Vlok is ‘n dubbel springbok atleet in beide hekkies en
netbal. Sy is getroud met ‘n boer van Suteherland, en het twee seuns. Vir die laaste 10 jaar gee sy tuisonderrig vir haar twee seuns
op die plaas en voltooi ook haar studies in beradings
sielkunde-Honeurs, Lewens afrigting en Refleksologie.
Tesame met haar passie vir mense is haar doelwit om mense te leer oor hulle self. Hulle identiteit te help ontdek, karakters te laat groei en om elkeen se unieke persoonlikheid uit te bring.
Sy bied waardevolle insigte,
ondervindings en motiverings aan individue en groepe waar sy jou waarde en doel bespreek, Jou unieke manier van hoor, leer en kommunikasie uitwys. Persoonlikhede se sterk punte en minder goeie punte word bespreek en vele meer.
Haar aanbiedings is passievol en energiek en word aangepas na
gelang van die geleentheid; soos vir kerke, organisasies, vroue byeenkomste of werkswinkels.
Kontak haar gerus vir verdere navrae en besprekings.
