DEUR OM AKSIE TE NEEM KAN JY JOU DOELWITTE BEREIK
Hoe omskryf jy wat 'JOU' maak?
ken jy jouself sodat jy optimaal kan funksioneer?
Wat is jou unieke pad, patrone, sterk punte en uitdagings?
Verstaan hoekom van ons verhoudings meer werk vereis as ander.
Waaraan bestee jy natuurlik jou aandag?
Waar kom jou energie vandaan?
Hoe neem jy informasie in?
Hoe maak jy besluite?
Hoe gaan jy om met die buite wêreld?
Hierdie antwoorde op die vrae en nog vele meer kan maak dat jy met die beste weergawe van jouself enigiets kan aanpak! Van verhoudings, werk, doelwitte en enige uitdagings wat jou in die gesig staar.
Verhoog jou geduld met ander
Weet waar en hoe jy ondersteuning of insig kan bied aan ander
Hoe om jouself te wees en ander om jou hulself kan wees.
Raak bewus van blindekolle wat ons nie eers geweet het ons het nie.
Weet wat jou dreineer en wat vir jou energie verskaf.
LEER KEN DIE VRAE WAT ELKE PERSOON SE LEWE BEHEER
MAAK SEKER JY BEVREDIG AL JOU BEHOEFTES OP 'N POSITIEWE MANIER
DEPRESSIE
Depressie is meestal ‘n gevoel van hulpeloosheid en
hopeloosheid. Depressie affekteer jou liggaam, siel en gees en herstel vereis ‘n
fiesiese, psigiese, geestelike en emosionele antwoord. Daar is biologiese en
nerologiese oorsake vir depressie wat in ag geneem moet word, waar mediese
behandeling nodig is. Daar is ook ‘n groot hoeveelheid mense wat deppresiewe
simptome wys asgevolg van psigiese en geestelike oorsake.
# Die geheim tot enige herstel is TOEWYDING
# BID eerstens
# Weet wie JY is
# Moenie net die verlede hanteer nie, LOS dit OP
# Weet wie is VERANTWOORDELIK vir Wat
# Luister na jou EMOSIES, dit wil jou iets vertel.
# VERNUWE jou gedagtes
Foto: Braham Vlok
SUKSES
ANGS EN VREES
SUKSES
Sukses is gekoppel aan doelwitte. Is jy besig om persoonlike, realistiese doelwitte vir jouself te stel? Wat realisties vir een persoon mag wees, kan onmoontlik vir ‘n ander een wees.
Ons het almal verskillende gawes, talente en intelligensie gekry, maar ons selfwaarde word nie daardeur bepaal nie. Weet jy waarop jou waarde gebaseer is? Weet jy hoe om jou karakter te laat groei vir sukses?
Ons kan suksesvol wees in die wêreld se oë, maar die doelwit heeltemal mis. Kan jy nogsteeds suksevol wees sonder om jou beginsels prys te gee? Ons het dalk nie altyd genoeg tyd om alles te doen wat ons as sukses sien nie, maar daar is altyd genoeg tyd om te doen dit waarvoor jy bestem is.
Weet jy wat is tot jou beskikking om te gebruik vir sukses? Weet jy wie jy is, waar lê jou sterkpunte en minder goeie punte en hoe om dit te gebruik?
Maak seker jou leer van sukses staan teen die regte muur, .
Foto: Braham Vlok
EMOSIONELE WAARHEID
EMOSIONELE WAARHEID
Wanneer die waarheid jou hart binnedring, dan word daar onmiddelik 'n emosionele reaksie gestimuleer.
Net in die hart kom jou gemoed, emosie en wil bymekaar in 'n holistiese eenheid.
Ons het min tot geen kontrole oor ons emosies nie. Ons kan nie met wilskrag alleen verander hoe ons voel nie, maar ons het beheer oor hoe ons dink en wat ons kies om te glo.
Ons emosies is primêr 'n produk van ons gedagtes. Hoe ons dink en wat ons kies om te glo affekteer hoe ons voel.
Ons word nie net emosioneel beinvloed deur ons omgewing alleen nie. Ons word emosioneel beinvloed by hoe ons interpreteer die omstandighede van die lewe en deur dit wat ons gekies het om te glo.
Emosied wil vir jou iets sê en benodig aandag.
Foto: Braham Vlok
VERWERPING
VERWERPING
Almal weet hoe voel dit om onregverdig behandel te word, gekritiseer of verwerp te word, veral wanneer dit kom van mense wat jy tevrede wou stel. Niemand kan hul beste wees met alles nie en somtyds vaal ons om op te leef na ander mense se verwagtings. In ons natuurlike staat, kies ons om aan te pas in hierdie wêreld sisteem in een van drie maniere:
# Sommige wil die sisteem probeer wen
Hierdie mense streef na belangrikheid deur hul voorkoms, vertonings en status. Karakter trekke van perfeksioniste en emotionele isolasie lei gewoonlik tot angtigheid, stres en ooreising. Hulle is vatbaar om mense en omstandighede te beheer en te manipuleer tot voordeel van hulself.
# Sommige gee in tot die sisteem
Die persone aanvaar dat die sterkste, mooiste en mees talentvolle mense is “in” en hulle is “uit” omdat hulle nie opweeg teen hierdie standaarde nie. Hulle gee toe tot hierdie valse oordeel van hul selfwaarde. Hulle vind dit moeilik om hulself te aanvaar, want ander doen nie.
# Sommige rebeleer teen die sisteem
Hul reaksie tot verwerping is een van ek het jou nie nodig nie en ek het nie jou liefde nodig nie. Hulle verset om hulle behoeftes te erken. Hul word erken deur self haat en bitterheid. Gewoonlik onverantwoordelik en ongedissiplineerd.
Al drie hierdie reaksies teen die sosiale sisteem van die wêreld lei tot nederlaag. Hoe meer jy ander op bou, hoe meer bou jy jouself op.
Foto: Braham Vlok
ANGS EN VREES
Beleef jy paniek aanvalle, oormatige bekommernis of verlammende vrees? Hierdie angs gevoelens weerhou jou om ‘n volle verantwoordelike lewe te leef.
Daar is ‘n verskil tussen angs en vrees.
Mense is angstig oor die onsekerheid van ‘n spesifieke uitkoms of weet nie wat die volgende dag se uiteinde gaan wees nie.
Vrees is ‘n natuurlike reaksie wanneer jou fisiese veiligheid en psigiese welstand bedreig word.
Dit is normaal om angstig te wees oor goed wat ons na aan die hart lê, anders sal ons nie besorgd wees oor ons naaste nie.Die oormatige, langdurige en obsessiewe angs gedrag sal egter jou lewens vreugde steel.




