LEWENS AFRIGTING


HOEKOM HET EK 'N LEWENS AFRIGTER NODIG?

Kontak sessies is beskikbaar deur Zoom, Skype, Whatsapp/video/call of e-mail: 
Stuur 'n boodskap na: healingrhythym.co.za


Wat is lewens afrigting?
“By changing nothing, nothing changes.” T. Robbins
Veranderings in die lewe is een van die sekerste dinge, ons kan dit nie vermy nie. Verandering help ons om vorentoe te beweeg na groter en beter dinge. Nie almal kan altyd by alle veranderings in die lewe aanpas nie. As jy nie kan verander nie of nie wil verander nie, gaan jy uitmis op baie areas van jou lewe. Party mense het hulp nodig met hierdie veranderings in hulle lewe.
Lewens afrigting of berading kan mense help wat deur ‘n groot veranderings fase in hulle lewens gaan. Ons help om doelwitte te stel en wys ons jou hoe om die nodige stappe te neem om jou doelwitte te bereik. ‘n Lewens afrigter gee advies en leiding om veranderings in jou lewe te hanteer en jou op die pad van sukses te plaas.
Daar is verskeie redes om die advies en leiding te soek van ‘n profesionele lewens afrigter. Jy mag dalk voel asof jy stagneer en jy soek ‘n manier om vorentoe te beweeg in jou lewe. Jy mag dalk ook ‘n lewens afrigter gebruik tydens sekere kruispaaie in jou lewe soos: Veranderings wat gemaak moet word in jou werk. Om deur ‘n egskeiding te kom. Groot besluite wat geneem moet word in jou lewe. Om jouself te leer ken. Om meer emostioneel stabiel te wees. Hulp om ‘n persoonlike doelwit te bereik, van fiksheid tot gesondheid. Lewens afrigting help jou om oor die hekkies van die lewe te kom.
As lewens afrigter is ons ook ‘n goeie klankbord vir kliënte. Ons is goeie luisteraars rakende probleme. Ons kyk ook na ‘n kliënt se lewe vanuit ‘n objektiewe, onbevooroordeelde oogpunt en offer vars perspektiewe op sekere situasies.
Vir ‘n lewens afrigter om ‘n kliënt te kan help sal daar vrae gevra word sodat ons kan weet wat die kliënt wil hê, nodig het en doelwitte saam kan stel.
Elke kliënt is verskillend en daarom word elkeen verskillend hanteer in die proses wat gevolg word. Metodes wat vir een kliënt werk, werk nie noodwendig vir ‘n volgende een nie. Daarom word planne uitgewerk volgens elke persoon se sterktes, swakhede, vaardighede en beperkings. Elke kliënt se morele waardes word ook in ag geneem. Die klënt se vordering word ook dopgehou en kan daar moontlike take gegee word om die kliënt vorentoe te laat beweeg.

‘n Lewens afrigter dien as ‘n bron van inspirasie en aanmoediging.

Kontak sessies is beskikbaar deur Zoom, Skype, Whatsapp/video/call of e-mail



info@healingrhythm.co.za

Adri Vlok
Berading Sielkunde - UNISA
Lewens afrigting / life coaching - coach4success
Terapeutiese Refleksologie - Stellenbosch 


ASSOCIATE CERTIFIED EMPOWERMENT LIFE COACH (ACELC)

No comments:

Post a Comment