Nou in my wêreld...
Kanker, ...ek hoor dit, sien dit, beraad dit en ervaar dit
om my...
Maar dis anders, net ‘n bietjie anders, ...as dit ek self
is, ‘n familie lid is, naby aan die huis is, ‘n goeie kennis is...dan raak dit
ewe skielik...anders...
Juis nou soek ek “my” individue om my, om op ‘n lang
opdraande reis waar energie al amper op gespandeer is te stap, om tussen mede
arms van warmte, liefde en hoop te kan wees...om buite myself te kan reik en
saam, vanuit ‘n ander se perspektief, te kan verstaan...omdat ek soveel keer as
wat ek wil met God mag en kan praat oor die moeilike pad wat geloop moet word,
hoe dit my raak, geliefdes raak.
My gedagtes wanneer ek met God praat, skakel in op God se
perspektief en Hy kom sê dat my omstandighede en wat fisies met my en
hartsmense aan die gebeur is, bepaal nie wie en wat ons is nie!
“...en Hy het Hom na my toe NEERGEBUIG en my hulpgeroep gehoor.”(Ps 40:2-33 vertaling) Hy na
my! Hy WEET! Hy KEN my seer, hartseer, vrese...Hy WEET! En juis DIT is vir
my genoeg.
Ek is hartseer, bang, maar ervaar tog ongekende vreugde by
Sy voete. Ons is stukkend, rou en kwesbaar, maar Hy weet. Net vir vandag, net
hier, hierdie oomblik wil ek net diep asem haal en Sy warm liefde en genade
ervaar soos Hy elkeen met verlies, met seer, met pyn, met vrees wil gebruik om
Sy groter prentjie te help voltooi.
Dit is nodig, maar moeilik om afskeid te neem van ‘n fase,
‘n geliefde, van omstandighede en elke keer gaan dit gepaard met die emosies en
ervarings van die dood. Ontkenning, woede, onderhandeling, depressie en
aanvaarding...moeilike, harde stadiums om deur te gaan.
Realiteit is, as unieke individue is die laat los vir elkeen
anders en nie noodwendig in dieselfde volgorde nie, maar is elke stap tog nodig
vir volkome herstel, vir aanbeweeg, vir lewe.

No comments:
Post a Comment